Dis altyd vir my lekker om terugvoer van lesers te kry oor boeke wat ons publiseer. Marsofine Krynauw het die resensie geskryf oor Wilmari Jooste se Genotboek "Skoonlief en die Rockster"

Skoonlief en die Rockster

In Skoonlief en die Rockstar neem Wilmari Jooste jou op ʼn mallemeule reis tussen twee wêrelde wat ligjare van mekaar is. Aan die eenkant die wilde, vinnige pas lewe, waar die kameras nooit ophou flits van Lincoln Ray, aan die ander kant die gewone lewe van ʼn joernalis wat haar nie aan al die glans en werêld se waardes steur, of daarin belangstel nie, Andolene.

Maar dit raak alles baie meer gekompliseerd deur Lincoln Ray se dubbele lewe wat hy lei waarvan sy aanhangers en die pers glad nie bewus is nie. Hy is ʼn man wat weet hoe om voor te gee, en skares te flous en sy rockstar beeld uit te leef sodat dit selfs gevaarlike afmetings aanneem. Wat sy aanhangers nie weet nie, dat sy ander lewe baie anders lyk, sy ander persoonlikheid een van iemand is wat omgee vir sy medemense en familie. Dat hierdie man waarde heg aan egtheid. Dit is juis wat hom in opstand laat kom as hy byna vir sy straf by ʼn skoonheidskompetisie moet optree, dit aangeplaktheid van die meisies.

Die egtheid van een meisie, slaan dadelik sy voete onder sy lyf uit, teen sy verwagting in. Die deernis, samesyn, en band wat hierdeur gebou word is van onskatbare waarde. Die afwagting oor wat volgende gaan gebeur, of hul uitgevang gaan word, of wanneer hulle uitgevang gaan word, maak dit opwindend.

So baie vroue en meisies sal kan vereenselwig met die vroue hoofkarakter se ongeloof in haar eie waarde. Haar naïwiteit is verfrissend en deel van die rede hoekom jy nie ander kan as om mal te wees oor haar nie.

Dan is daar die jaloesie, en afguns van wat eens ʼn geliefde tweeling suster was, die hartseer en teleurstelling wat dit meebring is hartroerend.

Dit is werklik ʼn boek wat jou nie sal verveel vir een oomblik nie. Elke hoofstuk wag daar ʼn verrassing in vir die leser. Daar is geen voorspelbaar oor wat volgende gaan gebeur nie. Net die regte mate van misverstand en teëstribbeling om die verhaal uitstekende lees materiaal te maak.

Baie geluk Wilmari Jooste, jy het dit weereens reg gekry om my aandag te boei van die eerste tot die laaste bladsy. Ek sal baie hierdie boek aanbeveel, ʼn boek wat jou nadat jy dit klaar gelees het daardie tevrede warm by jou los.

Die boek is te kope by https://www.malherbe-uitgewers.co.za/brands/product/skoonlief-en-die-rockster-wilmari-jooste 

Add comment


Security code
Refresh