Ek is ’n digter en skrywer en het reeds 4 bundels en my eerste novelle gepubliseer

In 2015 het ek toegetree tot die uitgewersbedryf omdat ek besef het daar is ’n behoefte onder die digters en skrywers om hulle stem te laat hoor. Baie goeie gedigte asook stories bly agterweë deurdat dit nooit gepubliseer word nie en dit is tog eintlik die bewaring van ons nageslag? Ons betree tans ’n nuwe era wat tot voordeel vir ons nageslag sal wees.

Neem asb deel in my Blog. Jou kommentaar en terugvoer sal hoog op prys gestel word. Saam kan ons ons talentvolle digters en skrywers ondersteun.